Saam met Liam Lawrence (voor) is Johnwin Hooft, Carol Feris en Jordan Jacobs.

Liam (6) gee aan medemens


VREDENBURG – Terwyl baie kinders hul speelgoed en klere koester, wys die sesjarige Liam Lawrence dat dit net so spesiaal kan wees om te gee.

Liam skenk gereeld sy eie klere en speelgoed aan die Saldanhabaai-munisipaliteit se rampbestuurskantoor om gesinne te help wat hul besittings in brande, vloede of ander rampe verloor het.

Hy het onlangs vir rampbestuurspersoneel ‘n eenvoudige maar belangrike vraag gevra: “Waarheen gaan my klere wanneer ek dit skenk?”

Om dié vraag te beantwoord het die munisipaliteit se openbare veiligheidspan ‘n spesiale storie-aanbieding saamgestel om vir Liam te wys hoe sy skenkings ander kinders se lewens raak.

Volgens Carol Feris, ramprisikobestuurder, het die storie gewys hoe Liam sy klere en speelgoed inpak wanneer hy dit ontgroei, hoe rampbestuurspanne dit ontvang en uiteindelik aan kinders oorhandig wat ná ‘n ramp alles verloor het.

Feris verduidelik dat Liam skenk om warmte, troos en hoop aan gesinne in moeilike omstandighede te bring, en loof sy onsbaatsugtigheid.

“Hy is ‘n voorbeeld van hoe selfs die kleinste dade van vriendelikheid ‘n groot verskil in ‘n gemeenskap kan maak. Baie dankie, Liam, dat jy vir ons almal wys hoe ware gemeenskapsgees lyk,” sê Feris.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 16 July 2026
    Weslander E-Edition – 16 July 2026

Gift this article