Regstelling en onvoorwaardelike verskoning:
Ek bied hiermee my opregte en onvoorwaardelike verskoning aan Alida Buckle, die redaksie en personeel van die Weslander.
Na aanleiding van my navrae oor ‘n persverklaring wat ek uitgestuur het, het ek ‘n spotprent gepubliseer waarin ek vir me. Buckle op ‘n kwetsende en onvanpaste wyse uitgebeeld het.
Dit was swak oordeel van my kant. Dit was onnodig, onprofessioneel en in swak smaak, en ek aanvaar ten volle dat ek dit nie moes gedoen het nie.
Ek aanvaar dat die besluit om ‘n bydrae te publiseer of nie te publiseer nie uitsluitlik by die redaksie berus. Ek het geen reg om dit te bevraagteken op die wyse wat ek gedoen het nie.
Ek is opreg jammer oor die verleentheid en ongemak wat ek veroorsaak het en trek die spotprent onvoorwaardelik terug.
Weer eens, my opregte verskoning.
Dr. Fred Strassberger
27 Oktober 2026



