LANGEBAAN – Die A-span van die Langebaan-netbalklub het hulle indrukwekkende seisoen onoorwonne afgesluit en die Weskus-netbalfederasie se Superliga-titel vir die tweede agtereenvolgende jaar verower.

Soos verlede week berig (“Weskus-netbalkampioene ná hoogtepunt gekroon”, 24 September), het Langebaan A in die eindstryd op Malmesbury se tuisbaan teen Malmesbury A te staan gekom, en Langebaan het met 46-39 geseëvier.

Volgens Esta Visagie was die telling teen rustyd gelyk, maar het Langebaan se konsekwent- heid en spanwerk in die tweede helfte die deurslag gegee.

Onder leiding van die afrigter, Marchelle Maroun, en spankaptein, Beulen Lazarus, het Langebaan A die seisoen sonder ‘n enkele nederlaag afgesluit.

Langebaan B het in die half-eindstryd teen Malmesbury B verloor, terwyl Langebaan C in die uitspeelronde uitgeskakel is.

Die klub bedank Delene Boshoff en Retha Marais, wat elke wedstryd die tegniese tafel beman het, Coach Corona, die spelers se ouers, gades en ander ondersteuners vir hul onder- steuning deur die seisoen.

Die Langebaan-netbalklub bedank ook Craig Scott van die Langebaan Country Estate vir die gebruik van die fasiliteite en die geleentheid om die span se wedstryde in ‘n veilige en vriendelike omgewing te speel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 1 October 2026
    Weslander E-Edition – 1 October 2026

Gift this article