Velddrif – haglike stortingsterrein:

◘ Dis ‘n skande, siesa! Dan moet ons nog betaal as jy self jou vullis gaan weggooi. – Deidre Julies

◘ Ja, dis ‘n skande vir die samelewing. Gaan kyk ‘n bietjie hoe lyk Vredenburg s’n. – Marlene Umans

◘ En niemand sê niks oor die onwettige invordering van geld as jy self tuinvullis gaan dump nie. Die bedrag van R270 word onwettig ingebring. – Boetie Koen

◘ Dan betaal ons nog so baie vir vullisverwydering ook – meer as in Brackenfell. – Matie du Plessis Steenkamp

◘ Daar het ek al ‘n R2 000-band verloor. Orals lê skerp goed onder die vullis rond. – Johan Boshof

Esperia-huisbrand:

◘ Daar verbygestap. ‘n Hartseer gesig. – Karin Pedro

◘ Lyk my 2026 is nie ‘n jaar vir sissies nie; oorlog, dood, brande, water en alles is hartverskeurend! – Annette van Lill

◘ Ai, net dankbaar dat niemand ernstig seergekry het nie. – Niekie Clarance

‘Luister om te verstaan, nie om terug te praat nie’ – die houtlepel-effek wat TikTok laat gons:

◘’n Mens kan sien haar kinders word met respek en dissipline grootgemaak; kyk hoe mooi en aandagtig luister hulle vir haar en hulle het respek vir haar! – Alta de Klerk

◘ My kinders is al volwassenes, maar het die grootste respek vir my houtlepel! – Jenny Bothma

Williams gereed vir Vredenburg:

◘ Thyron, alles van die beste vir jou vir hierdie rugbyseisoen. Geseënd is jy! – Noah Asaf

◘ Alles van die beste, Thyrone. Weet jy gaan ‘n groot verskil maak. – Francis van Rensburg

◘’n Man en leier met passie. Baie geluk. – Carmen Rodgers

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 February 2026
    Weslander E-Edition – 12 February 2026

Gift this article