Inwoners van Velddrif het herstelwerk by die Rooibaai-kaai in Laaiplek begin sien. Volgens inwoners is die herstel van die kaai lankal agterstallig, en instandhouding moet eerder konstant uitgevoer word. Die verdrinking van die 13-jarige Roscoe Erasmus by die Rooibaai-kaai in September verlede jaar het groot hartseer vir baie mense veroorsaak. Volgens inligting wat sy ma, Abigail Erasmus, ontvang het, het Roscoe vermoedelik op die houtkaai gegly, wat tot sy verdrinking gelei het. Abigail en Roscoe se ouma, Evelyn Erasmus, voel dat die kaai in die regte toestand moes wees, wat moontlik die tragedie kon voorkom het. Hulle is ook bekommerd oor die veiligheid van ander kinders en meen dat die verantwoordelikheid vir die kaai ernstig opgeneem moet word. Oor navraag oor werk aan die kaai het Weslander teen druktyd nog geen kommentaar van die Bergrivier-munisipaliteit ontvang nie.

Inwoners sê nog ernstige voorvalle kan weens swak instandhouding by die kaai plaasvind. Foto: Noluvu Ludidi

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 February 2026
    Weslander E-Edition – 12 February 2026

Gift this article