Die Hoërskool Hopefield se interskole teen die Hoërskool en Laerskool Vredendal die afgelope Saterdag (15 Augustus) was ‘n dag wat deur ongelooflike gees, trots, spanwerk en onvergeetlike oomblikke gekenmerk is.
Leerders, ondersteuners, afrigters en ouers het van die eerste wedstryd tot die laaste fluitjie gewys wat dit beteken om deel van die Hoërskool Hopefield-familie te wees.
Die entoesiasme langs die veld en die vasberadenheid op die veld het ‘n besondere interskole-atmosfeer opgelewer.
Die dag is op ‘n hoogtepunt afgesluit toe al die Hoërskool Hopefield se o.19A-spanne as wenners uit die stryd getree het – ‘n bewys van die spelers se harde werk.





