Van links is dr. Johan Landman, Reinard Botha en Gary Badenhorst, die Weskus-sakekamer-voorsitter. Foto: Alida Buckle

Goeie werwing kan geld bespaar

Van links is dr. Johan Landman, Reinard Botha en Gary Badenhorst, die Weskus-sakekamer-voorsitter. Foto: Alida Buckle

HOPEFIELD – ‘n Slegte aanstelling kan ‘n onderneming tussen 30% en 150% van ‘n werknemer se jaarlikse salaris kos, het dr. Johan Landman, ‘n bedryfsielkundige, tydens ‘n sakekamerbyeenkoms gewaarsku.

Landman, wat onlangs van Welkom in die Vrystaat na die Weskus verhuis het, het gesê die volle impak van ‘n swak werknemer word tipies eers ná ses tot 18 maande gevoel.

“Werwingsfirmas in groot stede vra 10% tot 15% van die jaarlikse pakket. Dit lyk dalk duur, maar die verborge koste van ‘n slegte aanstelling is baie hoër,” het hy gesê.

Landman het tydens die Weskus- sakekamer se byeenkoms in die Commercial Hotel verduidelik dat hierdie koste verlore produktiwiteit, herwerk, ontevrede kliënte, regs- en CCMA-koste, personeel-omset en skade aan werksplek-kultuur insluit.

Volgens Landman maak baie ondernemings die fout om net op onderhoude en CV’s staat te maak. Hy beveel aan dat werkgewers gestruktureerde, regverdige werwingsprosesse gebruik wat op werkontleding gebaseer is.

“Geakkrediteerde psigometriese assesserings wat deur geregistreerde sielkundiges toegepas word, kan objektiewe bewyse verskaf van ‘n kandidaat se vermoëns, motivering en gedrag.”

Hy het bygevoeg dat dit belangrik is om pro-aktief vir gevaarlike (toxic) of teenproduktiewe eienskappe te toets voordat iemand aangestel word.

“ ’n Volledige werwingsproses neem twee tot drie weke, maar hierdie investering in behoorlike keuring kan besighede later baie groter koste spaar,” het Landman gesê.

Hy het ook beklemtoon dat sulke prosesse aan gelyke indiensnemingsvereis- tes en HPCSA-standaarde moet voldoen.

Die ander spreker was Reinard Botha van Business Partners wat kleinsake-ondernemings met finansiering help.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 1 October 2026
    Weslander E-Edition – 1 October 2026

Gift this article