DNS-toetse bevestig identiteit van lyk op plaas langs Laingville

Die wyle Magdalena "Suster Lenie" Rhode (75).
Die wyle Magdalena “Suster Lenie” Rhode (75).

DNS-toetse bevestig identiteit van lyk op plaas langs Laingville


ST. HELENABAAI – Die lyk wat in Julie naby die plaas Varkvlei buite Laingville ontdek is, is wel dié van Magdalena “Lenie” Rhode (75) wat amper 20 dae vantevore vermis geraak het.

Die lyk is op Donderdag 16 Julie omstreeks 15:50 op die plaas gevind.

Volgens die polisie het DNS-toetse bevestig dat die oorledene wel Rhode is.

Sy is op Sondag 28 Junie as vermis aangemeld nadat sy, volgens wat aan die polisie gesê is, die laaste keer op Saterdag 27 Junie gesien is.

Volgens die polisie het Rhode aan natuurlike oorsake gesterf. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen om vas te stel of iemand vir haar dood verantwoordelik gehou kan word.

Ricardo Rhode, Rhode se seun, het in die tyd toe daar oral na Rhode gesoek is aan Weslander gesê sy ma, wat aan demensie gely het, het al voorheen probeer om die huis te verlaat.

Die familie het egter onmiddellik besef dat dié keer anders was.

Rhode het gedeel dat “dit wat daai naweek gebeur het, ‘n heel ander storie was”.

Hulle het die hele Laingville deursoek, ook Velddrif se kant toe.

Die familie verkies om nie ná die bevestiging van haar dood verder kommentaar te lewer nie.

LEES OOK: Suster Lenie (75) van Laingville steeds vermis

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition -24 September 2026
    Weslander E-Edition -24 September 2026

Gift this article