Dagboek-inskrywings is gratis. Inskrywings moet voor 17:00 op ‘n Maandag ontvang word. Stuur e-pos na weslander@novusmedia.co.za of ‘n WhatsApp na 082 576 0453 met jou inskrywing.

Saterdag 3 Oktober

Bergrivier Jazz is terug, met bekende musikante soos Emo Adams, Karin Kortjie, Richard Ceaser en Steyn Fourie op die verhoog. Dit vind by die Laaiplek-hotel om 16:00 plaas. Kaartjies kos R150. Besoek www.weskustickets.co.za of kontak Steyn by 083 558 4947 om te bespreek.

’n Mark vind by die Oppisee-saal, in same- werking met die Jacobsbaai Mountain Bike Challenge, plaas. Besoekers kan uitsien na fietsry, lekker kos, kuns en handwerk, asook lewendige musiek. Dit beloof om ‘n lekker dag vol pret en vermaak te wees. DIe mark begin om 09:00 en duur tot tot 16:00.

Car Boot Market: If you are looking for an outlet to sell your unwanted goods, join the Car Boot Market at the Catholic church grounds, Suffren Street, Langebaan from 08:00 to 12:00. Call or WhatsApp 083 779 5127 to book your spot.

The Saldanha Market will take place at the Multi-Purpose Centre in Saldanha from 09:00 to 14:00. Everyone is welcome.

Helena Hettema bring haar kabaret Helena Ontbloot na Die Koelkamers. Die produksie het by die Suidoosterfees gedebuteer. Dit is ‘n kragtoer waarin Hettema haarself en haar kuns blootlê. Kaartjies kos tussen R184 en R345. Die vertoning begin om 12:00 Besoek www.diekoelkamers.com om te bespreek.

Die NG Kerk Laaiplek bied sy jaarlikse Laaiplek Feesmark aan. Die fees beloof ‘n gesellige kuiergeleentheid vir die hele gemeenskap met ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies, kuns, handwerk en ‘n verwelkomende kuiertuin. Die Feesmark vind by die NG Kerk Laaiplek in Velddrif plaas en open om 09:00.

Maandag 5 Oktober

Alkoholiste Anoniem Vredenburg vergader van 18:30 tot 19:30 in die Metodiste-kerksaal in Hospitaalstraat. Bel Monique by 071 402 8771 vir nog inligting.

Woensdag 7 Oktober

Alkoholiste Anoniem Moorreesburg vergader van 18:30 tot 19:30 in die Koringbe- dryf-museum. Bel Edward by 079 971 3296 vir nog inligting.

Wednesday 28 October

Harbour of Wellness in Saldanha will be hosting its annual general meeting at 11:00. Everyone is welcome.

Sunday 29 November

The Song of Hope Gospel Event will take place at the Multi-Purpose Centre in Saldanha Bay at 16:30. The event will feature Newie, Malvin Domingo and a live band, with AFM

St. Helena Bay General Overseer as host.

Tickets are R120 (adults), at the door (R150) and children u. 12 (R50). Phone 074 516 1287. or 084 368 5352 for bookings. Contact 067 638 8957 for general enquiries.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 1 October 2026
    Weslander E-Edition – 1 October 2026

Gift this article