Verskeie rolspelers het saamgekom om die geleentheid moontlik te maak.
Verskeie rolspelers het saamgekom om die geleentheid moontlik te maak.

Chrysalis-akademie bring geleenthede


VREDENBURG – Die Chrysalis-akademie se werwingsproses het Dinsdag 20 Okto­ber die eerste keer in die Saldanhabaai-­munisipale gebied plaasgevind, wat waardevolle ontwikkelingsgeleenthede nader aan jongmense bring.

Die Saldanhabaai-munisipaliteit bied die inisiatief aan met die ondersteuning van die departement van maatskaplike ontwikkeling (DSD), Mfesane en Vital Connections.

Joey Pieters, die koördineerder van die Saldanhabaai-sekuriteitsinisiatief (SBSI), sê die plaaslike werwingsproses is ‘n belangrike stap om geleenthede vir jongmense meer toeganklik te maak. “Ons wil geleenthede nader aan jongmense bring en help om die uitdagings wat met vervoer en reiskoste gepaard gaan, te verminder. Nie almal het die middele om na Tokai in Kaapstad te reis om aansoek te doen nie,” sê Pieters.

Hy sê die inisiatief gaan oor die werwing van kandidate en om hoop te skep. Die doel is om jongmense te bemagtig en hulle die geleentheid te gee om hul potensiaal te ontwikkel. “Een geleentheid kan ‘n groot verskil in ‘n jongmens se lewe maak,” voeg hy by.

Manlike voornemende aansoekers word daaraan herinner dat aansoeke tot die einde van Oktober 2026 oop bly. Die munisipaliteit en sy vennote poog deur hierdie samewerking om ontwikkelingsgeleenthede nader aan jongmense te bring en in die toekoms van die Weskus se jeug te belê.

Jongmense tussen 18 en 25 jaar en wat aan die Chrysalis-akademie se toelatings­vereistes voldoen, kan deur die SAYouth.mobi-platform aansoek doen.

LEES OOK: Pieters lewe vir almal

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 22 October 2026
    Weslander E-Edition – 22 October 2026

Gift this article