Rolspelers van die Bergrivier-munisipaliteit, die departement van maatskaplike ontwikkeling, die Suid-Afrikaanse nasionale VIGS-raad (SANAC) se mansafdeling, en verskeie ander belanghebbendes by die eerste Seunsbyeenkoms by Steynville Primêr in Piketberg.

Bergrivier-seuns op lewenspad gelei

Rolspelers van die Bergrivier-munisipaliteit, die departement van maatskaplike ontwikkeling, die Suid-Afrikaanse nasionale VIGS-raad (SANAC) se mansafdeling, en verskeie ander belanghebbendes by die eerste Seunsbyeenkoms by Steynville Primêr in Piketberg.

Die Bergrivier-munisipaliteit het in samewerking met die departement van maatskaplike ontwikkeling, die Suid-Afrikaanse nasionale Vigsraad (Sanac) se mansafdeling en ander belanghebbendes sy eerste Seunsbyeenkoms (Boys Assembly) by Steynville Primêre Skool in Piketberg aangebied.

Ongeveer 200 seuns van oor die Bergrivier- munisipale gebied heen het deelgeneem aan gesprekke oor maatskaplike uitdagings soos tienerswangerskappe, dwelm- en alkoholmisbruik, geslagsgeweld, jeugwerkloosheid, skoolverlating en bendegeweld.

Die program het ten doel gehad om seuns toe te rus om gesonde besluite te neem, selfvertroue te bou en positiewe waardes te ontwikkel.

Deelnemers is deur interaktiewe sessies en mentorskap aangemoedig om hul potensiaal te bereik en positiewe rolmodelle in hul gemeenskappe te wees.

Die adjunkminister van verdediging, genl. Bantu Holomisa, het gesê te veel jongmense word slagoffers van bende- geweld, dwelm- en alkoholmisbruik en geslagsgeweld omdat hulle sonder hoop grootword.

“Hierdie uitdagings bepaal nie jou toekoms nie. Elke jong seun het die geleentheid om die regte keuses te maak.

“Dit begin met dissipline,” sê Holomisa.

Die geleentheid is ook bygewoon deur koningin Rebecca Komo van die Nama- konings- huis.

Mario Wessels, adjunkburgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit, sê die toekoms van seuns begin by die huis.

“Ouers, versorgers en gemeenskappe speel ‘n belangrike rol om jong mans groot te maak wat respekvol en verantwoordelik is. Programme soos hierdie help seuns om meer te leer oor positiewe manlikheid, leierskap, verantwoordelike burgerskap en gesonde lewenskeuses.”

Die munisipaliteit het sy waardering uitgespreek teenoor al die vennote en fasiliteerders wat tot die sukses van die eerste Boys Assembly bygedra het en sien daarna uit om soortgelyke inisiatiewe voort te sit.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 23 July 2026
    Weslander E-Edition – 23 July 2026

Gift this article