Thyrone Williams (Vredenburg se hoofafrigter) en Danie de Villiers (Saldanha se hoofafrigter).
Thyrone Williams (Vredenburg se hoofafrigter) en Danie de Villiers (Saldanha se hoofafrigter).

Boland Top-12 begin gou

Thyrone Williams (Vredenburg se hoofafrigter) en Danie de Villiers (Saldanha se hoofafrigter).
Thyrone Williams (Vredenburg se hoofafrigter) en Danie de Villiers (Saldanha se hoofafrigter).

Die wag is verby, want die Sanlam Boland Top-12 (SBT12), Super 8, Super 10 en 16 begin Saterdag 17 Oktober en niks gaan hulle nou meer stop nie. Nadat die Boland se twee sterklubs, Saldanhabaai (laaste 16) en Roses United (kwarteindstryd) uit die wedloop van die PnP Goue Beker-kompetisie gestamp is, is Saterdag 17 Oktober vergaderplekke vir die verskillende klubs.

Die twee Weskus-verteenwoordigers is Saldanhabaai en Vredenburg (SBT12), Coronations en Young Eagles Dassenberg (Super 16) en Malmesbury Daisies en Mamre Vroue (Super 8).

Die volgende vyf weke gaan die Boland-rugby-unie uit sy nate bars wanneer die 46 beste rugbyspanne hul laaste storie van die 2026-rugbyseisoen aan die publiek vertel.

Met die swaard van wedstrydknoeiery wat oor die Boland-rugbyunie se kop hang, het Pat Marran, kompetisievoorsitter en vise-president, gesê die kompetisie gaan voort. “Ons sal later die uitdaging hanteer wanneer dit van toepassing is, maar vir nou moet ons mooiste storie, die SBT12, eers aan die publiek verkondig word,” het Marran aan die media gesê.

Die kampioene van elke streek word bevoordeel deur drie tuiswedstryde terwyl die naaswenners elk twee tuiswedstryde kry.

Die komende Saterdag is ‘n dag van afrekening tussen Saldanhabaai en Worcester Villagers, ‘n herhaling van die ­2025-halfeindstryd. Saldanhabaai en Roses het ‘n voorsprong bo die ander spanne, want hulle het so pas drie en vier rondes in die PnP Goue Beker voltooi.

Vredenburg gaan die lang reistog aanpak na Pelikaanpark in Wellington om Roses United in ‘n Groep A-wedstryd aan te durf.

Vir Danie de Villiers en Thyrone Williams gaan dit hul eerste vuurdoop wees as hoofafrigters van die twee Weskusspanne, en albei sien uit na die uitdagings.

Saterdag gaan die Transnet-stadion in Saldanha volgepak wees. Ondersteuners moet onthou om hul kaartjies vroegtydig te koop by die spesifieke makelaars wat die klubs aangestel het as hul verkoopsagente. Maak kontak via die klubs se sosialemediablaaie.

Wedstrydbepalings vir Saterdag 17 Oktober:

SBT12: 15:00 – Saldanhabaai t. Worcester Villagers (Groep B), Invincible t. Bella Vista (Groep B), Robertson Town t. Delicious (Groep A); 17:00 Roses United t. Vredenburg (Groep A),Wesbank t. Safcol (Groep B), Hawston t. Abbotsdale (Groep A).

LEES OOK: Topvyf nek-aan-nek

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 29 October 2026
    Weslander E-Edition – 29 October 2026

Gift this article