Maak seker dat jy verifieer of ‘n organisasie geregistreer is.

Beskerm jouself teen bedrog en vals organisasies


Talle organisasies help kwesbare mense in die Weskus, sien na bejaardes om en bied selfs kinderversorging aan.

Sulke organisasies móét egter by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling registreer om wettiglik te kan optree en geld vir hul sake in te samel.

Lesers word aangemoedig om op die uitkyk te wees vir geregistreerde organi­­sasies met bevestigde geloofsbriewe, deursigtige bedrywighede en ‘n bewese rekord in die gemeenskappe wat hulle bedien.

Jy kan met ‘n paar ekstra minute om ‘n organisasie se registrasie en reputasie te bevestig, jouself teen swendelary beskerm en verseker jou ondersteuning bereik diegene wat dit werklik nodig het.

Hier volg die departement se lys van geregistreerde organisasies in die Weskus:

• Aan Oewer-dienssentrum (Velddrif)

• ACVV Huis Nerina

• ACVV Moorreesburg

• ACVV Piketberg

• ACVV Huis AJ Liebenberg (Piketberg)

• ACVV Porterville

• ACVV Riebeek-Kasteel

• ACVV St. Helenabaai

• Badisa Matzicare

• Badisa Piketberg

• Badisa Porterville

• Badisa Weskus

• Bergrivier APD

• CWSA Vredenburg

• FDSA Velddrif

• Harbour of Wellness (Saldanha)

• Huis Wittekruin (Vredenburg)

• Mfesane

• Paternoster Projects NPC: Hoopsig Afterschool Care

• Siyabonga Care Village

• St. Helena Sandveld Hospice

• Vital Connection en Indlu Yothando-­dienssentrum (Diazville, Saldanha)

Die Departement se hulptoonbank het meer inligting oor organisasies se registrasie-status en raad oor hoe om te registreer.

Skakel 021 483 0987 of 021 483 3808 Maandag tot Donderdag tussen 08:00 en 14:00. Kantore gesluit oor die naweek.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 4 June 2026
    Weslander E-Edition – 4 June 2026

Gift this article