Velddrif-hofsaak uitgestel oor noodlottige aanranding van kroegman in Velddrif

Wyle John-Ray Pieterse saam met sy verloofde, Naomi Smith.

VELDDRIF – Met net nóg ‘n hofuitsteldatum is die familie van wyle John-Ray Pieters (26) steeds nie ‘n stap nader aan geregtigheid nie.

Een verdagte, William Owies (50), het Woensdag 13 Mei sy verskyning in die Laaiplek-landdroshof gemaak in verband met die Pieters se moord.

Inwoners en familie het buite die Laaiplek-landdros hof vergader op Woensdag 15 April. Foto: Reginald Carolus
Inwoners en familie het buite die Laaiplek-landdros hof vergader op Woensdag 15 April. Foto: Reginald Carolus

Pieters en sy verloofde, Naomi Smith (30), was omstreeks 01:45 op pad huis toe op die oggend van Saterdag 4 April ná ‘n aandjie uit, toe hulle uit die bloute deur ‘n groep mense met onder meer gholfstokke in Dolfynstraat, Noordhoek, aangeval is.

Die familie is by die onlangste hofverskyning ingelig dat die 17-jarige verdagte wat ook na bewering by die noodlottige aanranding betrokke was, nie verskyn het nie weens nat en oorspoelde paaie.

Met die vorige verskyning op Woensdag 15 April het talle gemeenskapslede met plakkate opgedaag ter ondersteuning van geregtigheid in die Pieters-moordsaak.

Pieters het ná die geweldadige aanval waarin hy ernstig beseer is, op die toneel dood.

Die saak is uitgestel tot Woensdag 24 Junie en die verdagtes bly in aanhouding.

Pieters is op Saterdag 18 April begrawe.

Volgens Smith is sy baie ongelukkig oor die uitspraak.

Sy meen die feit dat die saak heeltyd uitgestel word is frustreerend.

“Dit voel vir my alles sloer, want ek kry nie informasie nie. Ek wil net geregtigheid hê sodat almal closure kan kry.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 14 May 2026
    Weslander E-Edition – 14 May 2026

Gift this article