Kind vermis – ’n Tweejarige seuntjie is sedert gister (Saterdag 24 April) vermis op ’n plaas naby Eendekuil in die Piketberg-omgewing.
Die polisie en plaaslike plaaswag het gister ’n grootskaalse soektog gelei, maar dit teen donker afgelas.


Kaptein Tania Helfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het die voorval bevestig en sê die soektog gaan voort.


Die tweejarige het glo saam met ’n groep kinders, almal jonger as 10 jaar oud, op die plaas gespeel, maar met hul terugkoms was die tweejarige nie saam met hulle nie.


Daar word tans op ’n polisiehond van Kaapstad af gewag om te help.


Hierdie is ’n brekende storie. Hou Weslander dop vir opdaterings.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article