Met ‘n hartlike welkom is Jaco Londt, die Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, op Dinsdag 21 April by Huis Wittekruin ontvang. ‘n Duisend doeke vir volwassenes is by die geleentheid oorhandig. Koos Louw, voorsitter van die beheerraad, het Londt verwelkom en aan die inwoners voorgestel. Volgens Londt het die South African Distributors of Incontinence Products met die departement hande geneem om die skenking moontlik te maak. “Ons moet ‘n manier vind om die nie-winsgewende organisasie volhoubaar te hou en te help.” Met die doeke staan van links Khumo Maphumulo, Erik Marais (lid van die parlement), Olwene Daniels (Speaker van die Saldanhabaai-munisipaliteit), minister Jaco Londt, Karen Hubbert (be- stuurder van Huis Wittekruin), Philisiwe Mthimkulu, Koos Louw (beheerraad-voorsitter) en Jeanette Myburgh (huiskomitee-voorsitter). Foto: Noluvu Ludidi

Duisend doeke geskenk

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article