Dié onwettige dwelms is Sondag 15 Februarie in Witteklip, Vredenburg, na bewering by Jayden Lesch (21) gekry, waarna hy in hegtenis geneem is. Die polisie het inligting opgevolg dat hy glo in besit van dwelms is en daarmee handel dryf. Hy het Maandag in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

Talle vas ná dwelms gevind is

Op Sondag 15 Februarie om 23:15 is Ricardo Wesselse (40) by ‘n oop stuk veld in Witteklip, Vredenburg, na bewering met dié 100 Mandrax-tablette en 65 g tik betrap en in hegtenis geneem. Wesselse het glo eers probeer om vir die polisie weg te hardloop toe hy hulle opmerk. Hy het Maandag in die hof verskyn.
Twee vroue, Nosapho Mabona (51) en Simamkele Fuyizilo (20), is Sondag 15 Februarie in Mangaung in Vredendal-Noord in hegtenis geneem oor dié 35,436 kg saamgeperste dagga. Hulle is aangekla van handel in dwelms tydens hul eerste hofverskyning Maandag. Foto’s: SAPD

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article