Nege plantstropers gevang: Oor ‘n miljoen rand se clivias gesteel

Die polisie in Vanrhynsdorp het verlede Donderdag (17 Julie) op meer as R1 000 000 se clivias (boslelies) beslag gelê. Drie verdagtes is in hegtenis geneem en hul vyf makkers die volgende dag, op die Vrydagoggend. Die aanklag teen hulle is die onwettige besit van flora sonder ‘n permit. Die plante is op ‘n plaas in die Vanrhynsdorp-gebied gesteel. Die agt verdagtes, tussen die ouderdomme van 15 en 35, het die agelope Maandag in die Vanrhynsdorp-landdroshof verskyn. Op Doringbaai is die 22-jarige Nathan van Zyl verlede Woensdag (16 Julie) aangekeer toe hy besig was om onwettig flora tussen Strandfontein en Deurspring te pluk. Hy het verlede Vrydag in die landdroshof verskyn. Foto: SAPD

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article