Atlantis staan op die drumpel van ‘n nuwe hoofstuk.

Die vooruitsig van twee nuwe fabrie­ke in die Atlantis-nywerheidsone bring broodnodige hoop vir ‘n dorp waar werksgeleenthede en ekonomiese groei ‘n knou gekry het nadat talle fa­brieke die afgelope dekade gesluit het.

Nuwe nywerheidsontwikkeling gaan oor mense wat werk kry, gesinne wat ‘n inkomste verdien en jongmense wat moontlik ‘n rede kry om hul vaardighede en toekoms binne hul eie gemeenskap te ontwikkel.

LEES OOK: https://novanews.co.za/weskusnuus/twee-nuwe-vervaardigingsfasiliteite-vir-atlantis-sez/

Atlantis het reeds gewys dat dit ‘n belangrike rol in die Wes-Kaapse vervaardigingsektor kan speel. Die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) het oor die afgelope jare belegging en vervaardigingsaktiwiteite gelok, met die potensiaal om verdere ontwikkeling aan te spoor.

Die twee nuwe fabrieke bied daarom ‘n geleentheid om op dié momentum voort te bou, maar nuwe beleggings moet uiteindelik ook in die lewe van inwoners sigbaar wees.

Die gemeenskap sal tereg wil weet hoeveel permanente werksgeleenthede geskep word, watter vaardighede benodig word en hoeveel plaaslike inwoners toegang tot dié geleenthede sal hê.

Ontwikkeling moet ook volhoubaar wees en in pas wees met Atlantis se behoeftes. Vir nou het almal rede om met versigtige optimisme vorentoe te kyk.

Twee nuwe fabrieke kan die begin wees van ‘n sterker ekonomiese toekoms vir Atlantis en sy inwoners.

Wat hopelik sal beteken dat daar ook maatskaplik na die dorp se inwoners gekyk sal word.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 13 October 2026
    WeskusNuus E-Edition – 13 October 2026

Gift this article