Alderman James Vos, Mayoral Committee Member for Economic Growth, with (from left to right) Christopher Hewett, Rasheeq Williams and Gerschwin Williams (from the City’s Investment Facilitation Branch), and Matthew Cullinan (CEO of Atlantis Special Economic Zone).

Twee nuwe vervaardigingsfasiliteite vir Atlantis SEZ

Alderman James Vos, Mayoral Committee Member for Economic Growth, with (from left to right) Christopher Hewett, Rasheeq Williams and Gerschwin Williams (from the City’s Investment Facilitation Branch), and Matthew Cullinan (CEO of Atlantis Special Economic Zone).

ATLANTIS – Twee nuwe vervaardigingsfasiliteite word vir die Atlantis Special Economic Zone (ASEZ) beplan nadat befondsing vir die projekte deur die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DTIC) verkry is.

Die aankondiging kom te midde van ’n groeiende beleggingspyplyn by die SEZ, wat daarop gemik is om Atlantis se posisie as ’n sentrum vir groen vervaardiging verder uit te bou.

Die Stad Kaapstad het egter nog nie die name van die twee nuwe fasiliteite bekend gemaak nie.

WeskusNuus het die Stad om die name van die fasiliteite en verdere besonderhede oor die twee projekte gevra, en sal die besonderhede publiseer sodra dit beskikbaar is.

Alderman James Vos, Mayoral Committee Member for Economic Growth, in conversation.
Alderman James Vos, Mayoral Committee Member for Economic Growth, in conversation with Matthew Cullinan (CEO of Atlantis SEZ) and Gerschwin Williams (Head: Investment Facilitation, City of Cape Town).

Volgens Alderman James Vos, die Stad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, het die Atlantis SEZ reeds meer as R3 miljard se belegging gelok en meer as 800 werksgeleenthede geskep. Vier groot beleggers is tans ten volle in bedryf. “Daar is nog meer wat kom, met ’n groeiende beleggingspyplyn en befondsing wat vir twee nuwe vervaardigingsfasiliteite verkry is, asook verskeie kleiner begin-eenhede in die Green Manufacturing Hub,” het Vos gesê.

Die ASEZ het in ’n vorige nuusbrief bevestig dat die DTIC befondsing vir twee nuwe vervaardigingsfasiliteite binne die sone beskikbaar gestel het. Volgens die SEZ sal die projekte bydra tot verdere groenindustrialisering, plaaslike ekonomiese aktiwiteit en geleenthede vir klein ondernemings en inwoners.

Die Stad het ongeveer 96 hektaar munisipale grond vir die ontwikkeling van die SEZ beskikbaar gestel en bly ’n aandeelhouer in die entiteit.

Vos het gesê die impak van nuwe vervaardigingsondernemings strek verder as die fabrieke self, aangesien ondernemings ook verskaffers, logistieke dienste, ingenieurs, instandhoudingsdienste en ander ondersteunende ondernemings benodig.

Dit kan volgens hom geleenthede vir plaaslike klein ondernemings in Atlantis en omliggende nywerheidsgebiede skep.

Die SEZ het ook onlangs belangrike infrastruktuur-mylpale bereik. Siviele werke in Sone 1 is voltooi en die gebied is as ’n Doeane-beheerde gebied aangewys, wat dit volgens die Stad meer geskik maak vir uitvoergerigte groenvervaardiging.

Die ASEZ ondersteun verder vaardigheidsontwikkeling en ondernemingsontwikkeling om plaaslike inwoners en ondernemings te help om voordeel te trek uit die ekonomiese geleenthede wat deur nuwe beleggings geskep word.

Die SEZ het ook nasionale erkenning ontvang nadat die DTIC die Demonstration of Good Governance Award aan die Atlantis SEZ toegeken het.

Die Stad het die jongste aankondiging gemaak nadat Vos die Aandeelhouerskompak vir die Atlantis SEZ onderteken het, waarmee die Stad sy voortgesette vennootskap met die groenvervaardigingsentrum bevestig het.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition -29 September 2026
    WeskusNuus E-Edition -29 September 2026

Gift this article