Die raadslede Allister Lightburn en Anastacia Davids, wat gereeld buite die hof teen borg betoog het. Foto: Murphy Roberts
Die raadslede Allister Lightburn en Anastacia Davids, wat gereeld buite die hof teen borg betoog het. Foto: Murphy Roberts

Ma (29) wat versuim om 11-jarige se seksuele misbruik aan te meld, kry borgtog

Die raadslede Allister Lightburn en Anastacia Davids, wat gereeld buite die hof teen borg betoog het. Foto: Murphy Roberts
Die raadslede Allister Lightburn en Anastacia Davids, wat gereeld buite die hof teen borg betoog het. Foto: Murphy Roberts

Die 29-jarige ma wat daarvan beskuldig word dat sy nie seksuele misdrywe teen haar 11-jarige dogter aangemeld het nie, is op R2 000 borgtog vrygelaat.

Die landdros het in sy uitspraak verlede week in die Atlantis-landdroshof gesê hy het al die getuienis in ag geneem en is van mening dat sy geskik is vir borgtog.

Die beskuldigde, wat nie met haar dogter in kontak mag wees nie, moet ook een keer per week by die plaaslike polisie aanmeld. Sy mag verder nie op sosiale media kommentaar lewer of oor die saak praat nie.

Volgens die staat het die ma haar kêrel, wat na bewering haar 11-jarige swanger gemaak het, probeer beskerm.

Die verdediging en die staat het tydens hul finale argumente in die borgaansoek skerp teen mekaar gebots.

Die verdediging het aangevoer dat die staat geen voldoende ondersteuning uit die gemeenskap het nie.

Volgens die regshulpprokureur, wat die ma verteenwoordig het, is verskeie briewe van kinderregte-organisasies en ander ingedien. Daar is ook verskeie petisies ingehandig, hoewel die verdediging aangevoer het dat dit “onduidelik” is.

Die verdediging het die hof se aandag daarop gevestig dat geen van die organi­sasies wat die briewe onderteken het, ooit in die hof verskyn het nie. Volgens hulle dui dit op ‘n gebrek aan werklike betrokkenheid.

Politieke partye het ook hul stem laat hoor, maar volgens die verdediging was dit bloot vir publisiteit en stemwerwing eerder as werklike betrokkenheid by die saak.

Die verdediging het verder aangevoer dat ondersteuners van die familie die hof by elke verskyning volgesit het ter ondersteuning van die beskuldigde.

Volgens die staat probeer die verde­diging die hof se aandag van die werklikheid aflei en gebruik dit as ‘n rookskerm.

Die staat voer aan dat die familie die beskuldigde beskerm en dat hulle dit tydens verhoor sal bewys.

Verskeie raadslede, politieke partye en gemeenskapsleiers het egter tydens vorige verskynings buite die hof teen borgtog betoog.

Die saak is tot Maandag 27 Julie uitgestel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 23 June 2026
    WeskusNuus E-Edition – 23 June 2026

Gift this article