Koning David Johannes oorhandig sokkeruitrustings aan die Mamre-sokkerklub-stigterslid Wilfred Smile.

Cochoqua-stam van Mamre skenk sokkeruitrusting

Koning David Johannes oorhandig sokkeruitrustings aan die Mamre-sokkerklub-stigterslid Wilfred Smile.

Die Cochoqua-stam van Mamre, onder leiding van koning David Johannes, het ‘n betekenisvolle bydrae tot die ontwikkeling van plaaslike sport gelewer deur sokkertoerusting aan die Mamre-sokker­klub te skenk.

Die skenking het toerusting – een stel sokkertruie vir ‘n junior en ‘n senior span spelers – ingesluit.

Die oorhandiging het op die Mamre-sportterein plaasgevind, waar die hoofvrou Sharon Marthinus van die ­Cochogua stam die koning bygestaan het.

Wilfred Smile, ‘n stigsterslid van die Mamre-sokkerklub, tesame met afrigters en spelers, het die toerusting in ontvangs geneem. Die inisiatief beklemtoon die stamleiers se verbintenis tot die ontwikkeling van sport en die bemagtiging van die jeug in die gemeenskap.

Vir die Mamre-sokkerklub kom die skenking op die regte tyd, want die klub is nie finansieel sterk genoeg om vir al die afdelings van die juniors en seniors sokkeruitrustings te koop nie, omdat dit so duur is.

Die klub, wat staatmaak op die gemeenskap se bydraes deur middel van geldinsamelings, kan nou ‘n bietjie asem skep, want hul volgende aankope vir sokkeruitrusting sal nou vir twee spanne min­der wees danksy die gulde skenking van koning David Johannes en die Cochogua-stam van Mamre.

LEES OOK: Van Atlantis na SV Ried

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 27 Oktober 2026
    WeskusNuus E-Edition – 27 Oktober 2026

Gift this article