Die Westelike Provinsie Rugbyunie-score-7’s het Saterdag (24 Oktober) op die Charles Morkel-stadion in die Strand afgeskop. Altesaam 73 van die meer as 109 klubs het aan die jaarlikse ­extravaganza deel geneem.

Die Atlantis- (groep 9) en Hamlets-rugbyklubs (groep 5) het hul deelname van die eerste groep wedstryde af laat geld en gewys hulle is reg vir die aksie van die WPRU-Score-7’s.

Atlantis het hul eerste wedstryd van groep 9 teen Delft afgeskop en met 19-12 gewen. In hul tweede wedstryd het hulle Young Ideas met 50-0 geklop en Primrose in hul derde wedstryd naelskraaps met 21-19 geklop.

Hul bure Hamlets het ook hul eerste wedstryd in groep 5 teen Silverleaf op ‘n wennoot met 28-0 afgeskop. In hul tweede wedstryd het hulle egter strawwe teenstand van Pniel Villagers ontvang voordat hulle uiteindelik 22-14 gewen het. In hul derde wedstryd het hulle Blackheath Polisie ‘n loesing van 38-0 gegee

Die twee buurspanne kom nou te staan in die oorblywende groep wedstryde in die tweede ronde eerskomende ­Saterdag – weer op die Charles Morkel-stadion in die Strand. Die twee topspanne van elke groep dring deurna deur na die eindrond se wedstryde op Saterdag 7 November.

Vir die laaste dag sal spanne volgens hul uitslae gekeur en in poele geplaas word, wat uit agt groepe van drie spanne elk sal bestaan, met elke span wat twee rondomtalie-wedstryde speel. Die wenner dring deur na die Beker-afdeling, die naaswenner na die Plaat-afdeling en die derde plek na die Skild-afdeling.

Ná die toernooi sal ‘n WP-Score-droomspan gekies word, wat aan die Stellenbosch- 7’s Showdown op 14 November 2026 in Stellenbosch sal deelneem.

LEES OOK: Young Hearts RVK vereer sy sterspelers vir puik seisoen

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 27 Oktober 2026
    WeskusNuus E-Edition – 27 Oktober 2026

Gift this article