Dr. Vusimzi Chuta, distrikdirekteur van die Fezile Dabi onderwysdistrik, oorhandig die toekenning aan Jaco Viljoen, skoolhoof.

Trio Primêr se toewyding met eerbewys beloon

Dr. Vusimzi Chuta, distrikdirekteur van die Fezile Dabi onderwysdistrik, oorhandig die toekenning aan Jaco Viljoen, skoolhoof.

Trio Primêr het Kroonstad en die Fezile Dabi-distrik trots gemaak deur as die tweede beste voldiensskool in Suid-Afrika aangewys te word in die 12de Nasionale Onderwys-uitnemendheids-
eerbewyse.

Dit is een van die hoogste eerbewyse wat ‘n openbare skool in die land kan ontvang. Dié uitsonderlike prestasie kom nadat die skool as finalis aangewys en deur die departement van basiese onderwys genooi is om die nasionale toekenningsgeleentheid op Vrydag 24 Julie by die NH-hotel in Sandton, Johannesburg, by te woon.

Die uitnodiging is namens die Fezile Dabi-onderwysdistrik deur dr. Vusimzi Chuta, distriksdirekteur, aan die skool gerig. Die nasionale erkenning beklemtoon Trio se gevestigde reputasie as ‘n voldiensskool waar inklusiewe onderwys, akademiese uitnemendheid en die holistiese ontwikkeling van elke leerder daagliks nagestreef word.

Volgens waarnemende skoolhoof, Jaco Viljoen, is die prestasie die resultaat van jare se toegewyde werk en die gesamentlike inspanning van personeel, ouers en leerders wat dieselfde visie deel.
“Hierdie erkenning behoort aan elke onderwyser; administratiewe en terreinwerker; leerder; en ouer wat deel van die Trio-familie is,” sê hy.

“Ware uitnemendheid word nie toevallig bereik nie, maar deur toewyding, deursettingsvermoë en ‘n opregte liefde vir kinders.”

Hy sê die skool se fokus op inklusiwiteit en die aanvaarding van neurodiversiteit vorm die grondslag van sy onderwysbenadering en het daartoe bygedra dat Trio Primêr vandag as een van Suid-Afrika se voorste voldiensskole erken word.

Viljoen beskou die eerbewys nie as ‘n eindbestemming nie, maar as ‘n aansporing om voort te bou op die waardes wat die skool oor baie jare gevestig het.

“Elke leerder verdien gehalte-onderwys en die geleentheid om sy of haar volle potensiaal te bereik.”
Hy het sy dank uitgespreek teenoor die personeel, ouers, die departement van basiese onderwys en gemeenskaps-vennote vir hulvolgehoue ondersteuning, en beklemtoon dat die prestasie aan die hele skoolgemeenskap behoort.

Dr. Vusimzi Chuta, distrikdirekteur van die Fezile Dabi onderwysdistrik, oorhandig die eerbewys Jaco Viljoen, skoolhoof van Laerskool Trio  in Kroonstad. Foto:Verskaf
Dr. Vusimzi Chuta, distrikdirekteur van die Fezile Dabi onderwysdistrik, oorhandig die eerbewys Jaco Viljoen (skoolhoof). Foto:Verskaf
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article