AfriForum in Kroonstad herstel sedert die einde van Maart al slaggate in Senekalstraat om veilige toegang tot skole in Kroonstad te verseker.
AfriForum in Kroonstad herstel sedert die einde van Maart al slaggate in Senekalstraat om veilige toegang tot skole in Kroonstad te verseker. FOTO: Verskaf

Slaggate in Kroonstad se Senekalstraat word met meer as 10 000 kg teer herstel om veiliger toegang tot drie skole in dié dorp te verseker.

Dit is deel van AfriForum se nasionale projek wat in April en Mei bekendgestel is om die fokus op die verbetering van skole en hul omgewing te plaas.

AfriForum se Kroonstad-tak pak die talle slaggate in Senekalstraat aan omdat ouers en leerders die pad daagliks gebruik om toegang tot die Hoërskool Trio, Trio Primêr en die Johan Slabbert-skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes te verkry. Volgens Johan Fourie van dié tak word die projek as noodsaaklik beskou om veiligheid en toeganklikheid vir padgebruikers te verbeter. Ongeveer 1 km van die pad voor die skole word weer veilig en rybaar gemaak sodat ouers hul kinders met groter gemoedsrus by die skool kan aflaai.

Die drie betrokke skole ondersteun die projek deur teer by te dra om die herstelwerk moontlik te maak.

LEES OOK: ‘Ons as gemeenskap moet saamstaan vir verbetering’

Volgens Christa Ikking wys die projek dat gemeenskappe ’n wesenlike verskil maak wanneer hulle saamwerk. Fourie beklemtoon dat die opknapping van skole ’n groot behoefte bly en dat betekenisvolle sukses slegs bereik kan word wanneer die gemeenskap aktief betrokke raak.

“Gemeenskappe word aangemoedig om hande te vat en saam volhoubare oplossings vir plaaslike uitdagings te vind,” sê Ikking.

LEES OOK: The Free State is being engulfed by collapsing road infrastructure

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article