Perderuiters van die Bethlehem-uithouritklub het uitstekend gevaar op die jaarlikse Fauresmith-uithourit.
Die uitmergelende 205,3km wat ruiter en perd aanpak, is vanjaar met 8 Julie as die eerste dag van deelname aangedurf, en meer as 280 ruiters het aan die uitdaging deelgeneem.
Die was die 50ste Fauresmith-uithourit.
Die Bethlehem-uithouritklub se uitslae is merkwaardig.
Die kinderruiter van die jaar is Frikkie de Jager, en junior ruiter van die jaar is Anné Nel.
Die perd Moolmanshoek Maleek is die junior perd van die jaar, met die meeste kilometers vir die jaar.
In die kinderruiter-afdeling het Milan Raimondo die algehele vierde plek behaal.
In die junior afdeling was Nina Strydom vierde, en haar perd Moolmanshoek Don het die eerbewys vir beste voorbereide perd ontvang.
Nelmarie Bonthuys het die 8ste plek in hierdie afdeling behaal, Marné van Zyl die 10de plek, Makayla de Jager die 16de plek, Anné Nel 19de plek, Franka Olivier die 20ste plek, Adriané Fouché 24ste plek en Willie Nel het 25ste geëindig
In die liggewig-afdeling het Lara van Niekerk ‘n 6de plek behaal, Hennie Engelbrecht ‘n 9de plek, Letecia Engelbrecht 10de plek en Nadia Raimondo het 20ste geëindig. In die standaardgewig-afdeling het Pieter Gorman ‘n 22ste plek en Juan Joubert ‘n 23ste plek behaal.
In die swaargewig-afdeling het Hanno Boshoff, wat ook die Vrystaatspan verteenwoordig het, die algehele 6de plek behaal. Cornel Rautenbauch het tiende plek en Stephan Swart 11de plek, en Jan Blighnaut ‘n 13de plek behaal.
Dala Olivier en Dickey Gorman het 150km van die uithourit voltooi en Monqiue de Jager het 75km voltooi.








