In this image, five mountain bikers are competing on a rough, rocky, and dusty trail that winds through an open rural landscape. The lead rider wears a red and black outfit, while the others follow closely behind, kicking up a substantial dust cloud. The background features expansive farmland with golden fields, scattered trees, farm buildings, and a few onlookers watching the race. The scene is bright and sunny, highlighting the dynamic movement and competitive atmosphere of the off-road cycling event.
Die Vrystaat-skole-MTB-reeks se eerste byeenkoms is agter die rug. FOTO: KI

Fikses van Witteberg trap pedale dat die stof trek om podium te haal


Bergfietsryers van die Hoërskool Witteberg het podiumplekke behaal op die eerste byeenkoms van die Vrystaat-skole-MTB-reeks.

Witteberg het 21 deelnemers na die byeenkoms op Saterdag 6 Junie op die plaas Middelwater by Bloemfontein gestuur. Die tegniese roetes en veeleisende terrein het vaardighede, uithouvermoë en deursettingsvermoë beproef.

Van die Hoërskool Witteberg se bergfietsryers wat op die eerste byeenkoms die Vrystaat-skole-MTB-reeks meegeding het.
Van die Hoërskool Witteberg se bergfietsryers wat op die eerste byeenkoms die Vrystaat-skole-MTB-reeks meegeding het. FOTO: Verskaf

Die skool se leerders het deurgaans sterk vertoon.

In die jeug-mansafdeling was Kyle Nel tweede, terwyl Waldo Burgers met ‘n derde plek ook op die podium was. Inge van Heerden het die jeug-vroueafdeling oorheers en die eerste plek ingeneem. Bronwyn du Preez was tweede en Danica Austin vierde.

In die junior-mansafdeling was Pedri Grobler tweede, terwyl Lané Fouché die wenner was in die sub-junior-vroueafdeling.

LEES OOK: Skoolmeisie werp gewigte met hengelstok dat dit dáár trek en haal span

Witteberg se aflosspanne het die dag op ‘n hoogtepunt afgesluit. Die meisies-aflosspan was eerste, terwyl die seunspan derde was.

Die uitslae getuig van die groei en ontwikkeling van bergfietsry by Hoërskool Witteberg en skep groot verwagtinge vir die res van die seisoen. Met so ‘n belowende begin kan die span met vertroue uitsien na die volgende byeenkomste in die Vrystaat-skole-MTB-reeks.

LEES OOK: New joy at Happy Valley and Reservoir Island

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article