Gerhard Lombard berei van die vleis voor wat op vanjaar se De Oude Kraal WildsKOSfees voorgesit gaan word.
Gerhard Lombard berei van die vleis voor wat op vanjaar se De Oude Kraal WildsKOSfees voorgesit gaan word. FOTO: Verskaf

De Oude Kraal se WildsKOSfees maak van elkeen ‘n fynproewer

Gerhard Lombard berei van die vleis voor wat op vanjaar se De Oude Kraal WildsKOSfees voorgesit gaan word.
Gerhard Lombard berei van die vleis voor wat op vanjaar se De Oude Kraal WildsKOSfees voorgesit gaan word. FOTO: Verskaf

BLOEMFONTEIN – Eersdaags, op 6 Junie, is dit tyd vir een van die gewildste feeste in die Vrystaat – De Oude Kraal se WildsKOSfees buite Bloemfontein.

Vanjaar word ‘n eerste keer ‘n buffel op die spit gebraai – verwag dus die onverwagse op vanjaar se WildsKOSfees met 20 verskillende kosstalletjies wat altesaam 120 uitsonderlike geregte gaan aanbied.

LEES OOK: Buffel op die spit ‘n eerste by De Oude Kraal se WildsKOSfees

Benewens die buffel-spit gaan 12 verskillende wildsvleis-stalletjies feesgangers laat proe hoe lekker Marie Lombard van De Oude Kraal wild kán voorberei.

Gaste op verlede jaar se De Oude Kraal WildsKOSfees.
Gaste op verlede jaar se De Oude Kraal WildsKOSfees. FOTO: Meyer en Rene Photography

By elke stalletjie is ses verskillende geregte wat geproe kan word.

Die stalletjies sluit agt spesialiteits-stalletjies in, met vark-, bees-, lamsvleis, hoender, vis, skaapkoppe en ‘n wye verskeidenheid groente, brode en slaaie.

Feesgangers sal kan proe aan 120 verskillende wyne van 20 bekende en gewild wynlandgoedere – elke kelder bring ses wynvariëte saam en by die wynmakers kom self saam kuier. Wyn is ook op die fees te koop.

Onthou ook die nageregstalletjie, waar ‘n fees van soet verleiding wag.

Benewens eet en drink, kan gaste aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite deelneem. Dit sluit in gholf en skiet, bokdrol-spoeg, wildsritte en pret vir die kinders.

Die gaskunstenaar op vanjaar se fees is die gewilde Afrikaanse sanger Jay. Plaaslike kunstenaars sal ook bydra tot die heerlike kuier-atmosfeer op vanjaar se WildsKOSfees.

Kaartjies vir die fees kos R695 en is beskikbaar op deoudekraal.com of skakel 071 679 6596. Kaartjies is ook beskikbaar by Crazy Daisy in Fleurdal Mall, Daisy and Co in Prellerplein en by Delta Express in Westdene.

Gaste kan die oggend van 11:00 af aan die feesmaal begin deelneem.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article