Landbouminister Willie Aucamp se ingryping met bewerings van hoë pryse vir entstowwe teen bek-en-klouseer, word verwelkom as pro-aktief.
‘n Hooggeregshof-uitspraak bied uiteindelik hoop dat die wegholverspreiding van die staatsbeheerde bek-en-klouseersiekte nou met inisiatief van die private sektor gestuit kan word.
Die impak van bek-en-klouseer op die landbousektor en ernstige uitdagings daarvan vir produsente is tydens ‘n inligtingsessie op 1 Mei buite Kroonstad uitgelig.
Die Vrystaatse landbousektor het ’n belangrike regsdeurbraak beleef nadat die Hooggeregshof in Pretoria die minister van landbou, John Steenhuisen, gelas het om ’n duidelike skema vir private inenting teen bek-en-klouseer…
Vrystaatse boere vra ingryping van die regering om bek-en-klouseer tot ramp te verklaar. Dit kom ná die ongekende toename in die siekte oor die feestyd.