LAAIPLEK – Twee verdagtes, ‘n 71-jarige vrou en haar 47-jarige seun, het vandag (Donderdag 30 Julie), in die Laaiplek-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
Volgens die polisie is inligting Woensdagmiddag (29 Julie), ontvang oor vuurwapens wat na bewering by ‘n woning in Laaiplek gehou word. ‘n Deursoekingslasbrief is bekom, waarna die perseel deursoek is.

Tydens die deursoeking het polisielede vier vuurwapens en verskeie rondtes ammunisie gekonfiskeer. Die vrou en haar seun kon na bewering nie geldige vuurwapenlisensies vir die wapens voorlê nie.
Die volgende items is gekonfiskeer:
- Een R1-geweer
- Een haelgeweer
- Een .38 Special-rewolwer
- Een Baby Browning-pistool
- Vyf .38-rondtes
- Vyftien rubber-haelgeweerpatrone
- Een AAA-haelgeweerpatroon







You must be logged in to post a comment.