Twee mans verskyn binnekort in die Goodwood-landdroshof vir die besit van dwelms.
Die twee is Woensdag 24 Junie deur lede van Operation Lockdown aangekeer tydens ‘n polisie-operasie in Loughton-rylaan in Epping Forest.
Konst. Ndakhe Gwala, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is betrap met altesame 40 Mandrax-tablette en 20 pakkies tik. “Daar is beslaggelê op dwelms wat as bewysstuk sal dien,” sê Gwala.
Die mans is onderskeidelik 33 en 38 jaar oud.
LEES OOK: Polisie waarsku leerders oor dwelms





