Twee bekendes in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidswêreld het hierdie week bekend gemaak dat hulle kanker het. Aktrise Carina Nel en akteur Hykie Berg het die nuus op sosiale media gedeel.
Carina se skok

Die middag van 16 April is Carina Nel se toekomsplanne in ‘n oogwink uitmekaar geruk. Wat as ‘n roetine-ondersoek begin het – ‘n mammogram en sonar – het binne minute na ‘n onmiddellike biopsie van beide ‘n gewas en ‘n limfklier in haar linkerbors verander. Voor die eerste uur verby was, het sy met die tipe vrees gesit wat jy nie in woorde kan vasvang nie – die soort wat jou heeltemal lam lê en wat selfs jou naaste mense nie ten volle kan begryp nie. Vyf dae later, op 21 April, het die uitslag dit bevestig: borskanker.
“Die woord rol steeds ongemaklik van my tong,” sê Carina. “Ek kyk na my eie lewe asof dit iemand anders s’n is – ‘n vrou wat ek nie herken nie, in ‘n storie waarvan ek nooit sou raai dit sou die myne wees nie. Veral die onkologie-gebou by die hospitaal. Jare lank het ek daar verbygery en gedink hoe ontsettend dit moet wees om binne daardie mure te wees. Nou sit ek weekliks in daardie selfde plek – en dit is my nuwe werklikheid.”
Hykie se stryd
Hykie het ook op sosiale media die nuus gedeel dat hy drie maande gelede met kanker gediagnoseer is en het onlangs ‘n groot operasie ondergaan.
Altesaam 10 kankergewasse is verwyder, sowel as 3 m van sy dunderm. Hy was vir 10 dae in die hospitaal.
Hy het egter nie bekendgemaak watter tipe kanker hy het nie.







You must be logged in to post a comment.