Jeaneigh Borghesi (13). FOTO: Facebook
Jeaneigh Borghesi (13). FOTO: Facebook

Tiener (13) van Upington bekroon met hoogste titel van skoonheidswedstryd


UPINGTON – Die 13-jarige Jeaneigh Borghesi van Upington is onlangs met die hoogste titel van die jaarlikse Toddler and Tween of the World tydens dié Suid-Afrikaanse skoonheidswedstryd se eindronde vir vanjaar bekroon.

Tydens die skoonheidswedstryd wat oor drie dae in Klerksdorp in die Noordwes-provinsie plaasgevind het, het jong deelnemers van Suid-Afrika en Botswana hul kreatiwiteit, selfvertroue en talent op die loopplank en verhoog in verskillende afdelings en ouderdomsgroepe vertoon. Die wedstryd het van 1 tot 3 Oktober plaasgevind.

Jeaneigh Borghesi (13). FOTO: Facebook
Jeaneigh Borghesi is met die hoogste titel, “High Title Supreme” bekroon. FOTO: Facebook

Vir Jeaneigh, ‘n graad 7-leerder aan die Laerskool Oranje-Noord, is die loopplank en modelwêreld ‘n bekende ruimte waarin sy haar graag bevind.

Haar ma, Jeannette, het vroeër vertel dat Jeaneigh op vierjarige ouderdom met modelklasse begin het. “Ons het begin omdat sy baie skaam was en mense nie teruggegroet het nie,” het sy vertel.

Nuutste titel hoogtepunt van jare se toewyding

Om met die “High Title Supreme” bekroon te word, is ‘n hoogtepunt van jare se harde werk, toewyding en deursettingsvermoë wat Jeaneigh met die ondersteuning van haar familie tydens haar laerskoolloopbaan aangepak het.

Behalwe dié hoogste titel het sy ook verskeie ander titels en eerbewyse tydens die wedstryd ontvang: “Northern Cape Category Winner”, “Northern Cape Ambassador”, “Picture Perfect Charity Box Winner”, “Feeding Forward Charity Winner”, “Best Judges Souvenir” en “Booster Box Charity Winner”.

Jeaneigh was ook die wenner in “Haute Couture”, “Blue-tique”, “International Wear”, “Ultimate Photogenic Portfolio” en “Cover Search Portfolio”.

Jeaneigh Borghesi (13). FOTO: Facebook
Jeaneigh Borghesi van Upington met die titels en eerbewyse wat sy tydens die onlangse Toddler and Tween of World se Suid-Afrikaanse skoonheidswedstryd in Klerksdorp gewen het. FOTO: Facebook

Jeaneigh het voorheen met sukses aan ‘n groot aantal nasionale en internasionale skoonheidswedstryde deelgeneem, en sy het reeds ‘n magdom titels en eerbewyse verwerf.

Vroeër vanjaar het sy Suid-Afrika tydens die Ultimate International Miss in San Antonio, Texas, verteenwoordig waar sy as algehele naaswenner in die “Preteen”-afdeling (voor-tiener) geëindig het. Sy het ook verskeie ander eerbewyse hier gewen, insluitend dié vir algehele junior leierskap en die beste nasionale uitrusting in die junior afdeling en die “Gold Ultimate Impact Award”.

In 2021 was sy die eerste Suid-Afrikaner wat met die “Mini Miss Royal International Miss”-titel gekroon is.

Aan die einde van die jaar neem sy aan die International Junior Miss Preteen Italy in Orlando in die VSA deel, waar sy haar Italiaanse afkoms gaan vier.

Ontdek selfvertroue en vier individualiteit

Die Toddler and Tween of the World South Africa pageant is ‘n jaarlikse model- en talentkompetisie vir kinders en jong tieners en is in 2013 deur Bonita van der Westhuizen gestig. Dit word as ‘n skoonheidskompetisie-ervaring beskou waar hierdie jonges aangemoedig word om hul selfvertroue te ontdek, individualiteit te vier, talente ten toon te stel en herinneringe te skep wat ‘n leeftyd sal hou.

Wenners in ander afdelings in dié onlangse wedstryd is “Senior Overall”: Zane Smith; “Junior Overall”: Izabella-Logan van Zyl; “Miss”: Zanempilo Hlatshwayo; “Junior Miss”: Dené Cronjé; “Teen Miss”: Zané Smith; “Junior Teen”: Gabriella Bryant; “Pre-Teen”: Izabella -Logan van Zyl; “Junior Pre-Teen”: Alegra van Wyk; “Little Miss”: Lilly Gottachalk; “Princess”: Wylder Mulder en die Botswana-wenner: Lisa-Larona Mabe.

Jeaneigh Borghesi (13). FOTO: Facebook
Jeaneigh Borghesi met haar nuutste kroon. FOTO: Facebook

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article