UPINGTON – Een van die bekendste bejaardes van diรฉ dorp, Pearl Hoff, het op 12 Oktober haar 106de verjaarsdag gevier.
Diรฉ besondere viering het met haar familie en vriende rondom haar by die Oranje-tehuis vir bejaardes in Upington plaasgevind.
Ouma Hoff, soos inwoners haar noem, is ‘n oud-onderwyseres wat haar vir meer as 40 jaar met groot sukses aan die opvoedkunde toegewy het. Met haar eerste kennismaking by ‘n klein laerskooltjie in Matjiesfontein in die Noord-Kaap, het ‘n skoolloopbaan begin wat haar na verskillende plekke geneem het.

Sy het in Rietfontein in die Kalahari haar kennis en liefde met kinders gedeel. Daarna was sy ook by twee hoรซrskole in Upington – Carlton van Heerden en AJ Ferreira – waar sy taalonderrig gegee het.
Ouma Hoff is ‘n nooi Van Niekerk van McGregor in die Wes-Kaap waar sy grootgeword en skoolgegaan het. Sy was met Jacobus Dan Hoff, ‘n onderwyser van Upington, getroud. Hy is in 2003 oorlede. Drie kinders, Elton, Kitty en Vanessa, is uit hul huwelik gebore. Elton (70) is ‘n afgetrede regter van die Konstitusionele Hof in Windhoek waar hy tans woon.
Sy het ook nege kleinkinders en vier agterkleinkinders vir wie sy so lief is. Haar enigste suster, Rose Petersen (98), woon in Port Elizabeth.
LEES OOK: Gemeente in Upington herdenk 150ste bestaansjaar in feestelike atmosfeer
Geniet goeie gesondheid
Ouma Hoff geniet tans goeie gesondheid en sy reageer goed wanneer iemand met haar ‘n geselsie aanknoop. Sy het weens haar brose ouderdom haar spraak verloor, en was tydens die verjaardagviering ten volle bewus van wat rondom haar plaasvind.
Ronald Alexander van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) Upington het na aanleiding van Psalm 32 – aangaande die geseรซnde mens – die skriflesing en gebed gedoen. Die volgende dag het ds. Marlon Petro van die VGK-gemeente haar met nagmaal bedien.
Sy is die oudste inwoner van Oranjehof en waarskynlik die oudste senior burger in die dorp en omstreke.
LEES OOK: โOu dame met โn geskiedenisโ vier 90ste bestaansjaar





You must be logged in to post a comment.