iojoij
Die borgaansoek van die twee Paarlse rugbyspelers het vandag hervat. Foto: Argief/ Jana Scheepers

Staat wil Paarlse rugbyspelers se borgaansoek op hersiening neem

iojoij
Die borgaansoek van die twee Paarlse rugbyspelers het vandag hervat. Foto: Argief/ Jana Scheepers

WELLINGTON – Die saak van die twee Paarlse klubrugbyspelers is wéér uitgestel nadat die staat aangevoer het dat die saak “prosedureel verkeerd” is en dat die borgaansoek hiervolgens op hersienning geneem moet word. Die staat beoog hiervolgens om ‘n aansoek te bring dat die saak in die Hoogeregshof hersien moet word.

Die staatsaanklaer, Melissa van der Byl, het ook aangevoer dat hy beswaar aanteken nadat Benedict Asia as die beskuldigdes se mederegsverteenwoordiger aangestel is.

Die aanklaer het aangevoer het dat die mans (23 en 28) se regsverteenwoordiger, Elton Rochert van Elton Rochert Attorneys in Kaapstad, nie Asia as sy medeverteenwoordiger in die hof voorgestel het nie, maar slegs as sy “assistent”.

Asia is ‘n prokereur by die Paarl se oudste regsfirma, Faure & Faure.

Rochert is glo die Bolandse rugbyklub se regsverteenwoordiger waarvoor die 23-jarige beskuldige uitgedraf het voordat hy op 3 Mei by ‘n ander rugbyklub in Limpopo sou aansluit.

Rochert het tydens vandag (15 Mei) se verskyning aangevoer dat dit nie irrelevant is hoe hy Asia voorgestel het en gesê al wat saak maak is dat hy vir Asia op rekord geplaas het in die hof. Hy het toe vir die aanklaer gevra waar in die wet dui dit aan dat hy vir Asia as medeverteenwoordiger moes voorstel.

kjoi
Die skedule-ses borgaansoek is uitgestel tot Maandag (18 Mei) vir ‘n moontlik aansoek om hersienning. Foto: Argief/ Jana Scheepers

LEES OOK: Ondersoekbeampte deel persoonlike mening in rugbyspelers se borgaansoek

Die aanklaer het toe gesê dat dit die staat se voorneme is om die relevante wetgewing in die staat se aansoek vir hersienning in te dien. Sy het bygevoeg dat sy op die opgdrag van haar senior, Hamley Marquard, by die Nasionale Vervolgingsgesag, optree om die aansoek eers na die streeklanddros te stuur vir oorweging voordat dit moontlik na die Hoogeregshof op hersienning geplaas word.

In reaksie op die moontlike hiersenning, het die landdros, Marti Wilson, tydens die skedule-ses borgaansoek aangedui dat sy bereid is om haarself te onttrek sodat die borgaansoek vinniger afgehandel kan word.

Rochert het aangevoer dat hy nie wil hê Wilson moet onttrek nie, terwyl die staat gesê het dat hy dit onder oorweging sal neem en bespreek.

Die saak is tot Maandag (18 Mei) uitgestel sodat die staat ‘n kans kan kry om vir sy aansoek voor te berei.

Die twee rugbyspelers staan tereg op vier aanklagte van verkragting teen ‘n 21-jarige student van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) se Wellington-kampus.

Die vroulike student is, na bewering, in die vroeë oggendure op 27 April deur die twee beskuldigdes in haar kamer in ‘n studentehuis verkrag nadat die twee mans vir haar ‘n saamrygeleentheid vanaf ‘n nagklub in Newton na haar studente-akkommodasie gegee het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article