Zwarries maak rugby-geskiedenis. Hoërskool Zwartkop, Centurion, vier ’n ongelooflike mylpaal in 2026: vir die eerste keer in die skool se geskiedenis lewer die Zwarries drie Cravenweek-spelers én twee Akademieweek-spelers in dieselfde jaar op.
- Akademieweek: David van Jaarsveld en Regan Blignaut het die Zwarries se naam hoog gehou en hul openingswedstryd met ’n indrukwekkende 41–22 oorwinning teen SWD afgesluit.
- Cravenweek: Waylin Papier, Garrith Warie en Tilon Baron verteenwoordig die o.18-span en dra die Zwartkop-kleure met trots.

Hierdie prestasie is ’n bewys van die harde werk, toewyding en talent wat by Zwartkop ontwikkel word. Die hele skoolgemeenskap staan agter julle – geniet elke oomblik en maak ons trots!







You must be logged in to post a comment.