WOW Spelfees. Nelmari Maass, ’n Graad 10‑leerling, van Hoërskool Upington het haar plek verseker in die nasionale rondte van die WOW Spelfees. Die prestigeryke kompetisie vind op 3 Oktober 2026 in Stellenbosch plaas.

Met haar uitsonderlike taalvaardigheid het Nelmari die skool se naam hoog gehou. Sy het bewys dat Uppies met selfvertroue en toewyding kan meeding op nasionale vlak.

Die skoolgemeenskap wens haar geluk met hierdie besondere prestasie en vertrou dat sy in Stellenbosch ’n merkwaardige bydrae sal lewer.

https://www.uppies.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article