WOW Spelfees - Hoër Volkskool Graaff- Reinet behaal prestasies
Drie uitblinkers by die WOW-Spelfees

WOW Spelfees – Hoër Volkskool Graaff- Reinet behaal prestasies


WOW Spelfees. Die Gr. 8- en 9- taalmeesters van Hoër Volkskool Graaff-Reinet het onlangs hul vaardigheid ten toon gestel tydens die WOW Spelfees. Hulle het puik prestasies behaal.

In die Graad 8‑Afrikaanse afdeling het Cathaliyah Welman ’n indrukwekkende tweede plek verower, terwyl Timmolene Ebherson met ’n negende plek die skool se naam hoog gehou het. In Graad 9‑Afrikaans het Elgemayne Solomons met haar sterk vertoning ’n vierde plek behaal.

Met hierdie uitsonderlike prestasies het Cathaliyah en Elgemayne hul plek verseker om die Oos‑Kaap op 3 Oktober by die nasionale WOW‑kompetisie in Stellenbosch te verteenwoordig.

Die skoolgemeenskap is trots op al drie spellers en wens hulle geluk met hul harde werk en toewyding.

https://hvsgrt.org.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article