Worcester Gimnasium is geweldig trots op Amee Fransman, Anja Theron en Tanya Moses wat gekies is om deel te wees van Mentor My!
Hierdie geleentheid-gedrewe Drama Projek is ‘n eerste in sy soort en gee jou die geleentheid om op nasionale tv in ‘n teaterstuk te verskyn. Hulle gaan vir 12 maande aanlyn gementor word en ook twee werkswinkels, een in Kaapstad en een in Pretoria bywoon. Die mentors is bekende SA akteurs soos Reynardt Hugo, Desiré Gardner, Germandt Geldenhuys, Je-Ani Swiegelaar en ABS Produksies.
Baie geluk julle drie, mag dit ‘n ervaring wees wat julle baie sal geniet en baie sal leer. Ons sien uit na die eind produk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article