Tydens die 2026 ISSEA Saddle Seat Wêreldbeker, aangebied in Shelbyville, Kentucky, VSA, kry Witteberger en SA-span goud. Hierdie wêreld-geleentheid het van 29 Junie tot 2 Julie die wêreld se beste ruiters byeengebring.
Jemma Orsmond van Hoërskool Witteberg in Bethlehem het met trots Suid-Afrika verteenwoordig. Hierdie Witteberger en Span SA het merkwaardige prestasies behaal:
- Goud in die Vyfgang-afdeling
- Brons in die Driegang-afdeling
Hierdie oorwinning bevestig Suid-Afrika se plek onder die wêreld se top Saddle Seat-lande en is ’n bewys van die talent, toewyding en deursettingsvermoë van ons ruiters.

Baie geluk aan Jemma en die hele Suid-Afrikaanse span – julle dra die land se trots en bring die goud huistoe!







You must be logged in to post a comment.