Ná afloop van die Kovsie Smash, vroeër vanjaar, is twee o.19 kriekettoerspanne gekies om ’n kriekettoer na Engeland te onderneem. Die 22 seuns kry die geleentheid om elk ses wedstryde teen verskillende verteenwoordigende spanne te speel. Dit bied aan die seuns waardevolle ervaring op internasionale vlak.

Wedstryde is reeds in Londen by die Peter May Sports Centre gespeel, die voormalige tuisklub van Engeland se sokkerkaptein, Harry Kane. Verdere wedstryde van die twee o.19 Kriekettoerspanne het by die Watford Krieketklub, Finedon Dolben Krieketklub en Cambridge County Krieketklub plaasgevind. Hierdie Sondag neem albei spanne deel aan ’n uitkloptoernooi in Watford.

Hoërskool Fichardtpark se skoolhoof, mnr. Herman van der Merwe, het die geleentheid benut om verskeie skole te besoek en internasionale vennootskappe te bou. Fichies is trots op elke speler en afrigter wat hierdie toer moontlik maak – julle dra Fichies se naam met waardigheid en passie!

https://fpark.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article