Van 2 tot 4 Julie het Gauteng die verhoog gebied vir die South African Majorette and Cheerleading Association (SAMCA) Nationals – en Langenhoven Gimnasium het met trots hul merk gemaak.
Lené de Kock en Zoë Binedell van Langenhoven Gimnasium het in twee uitdagende kategorieë deelgeneem en hul talent en toewyding ten volle gewys. Hulle het in albei kategorieë ‘n eerste plek verower:
- Senior Provincial Team Doubles
- High Pom Doubles
Hierdie oorwinning teen sterk mededingers is ’n ongelooflike mylpaal vir die Gimmies Cheerspan en ’n bewys van hul uitmuntende vaardighede en spangees.
Die krag agter die sukses
Cheerleading is veel meer as net ’n sport – dit verg toewyding, dissipline, spanwerk en passie. Die Gimmies bestee ure aan oefening, opleiding en voorbereiding, en bou sodoende nie net hul eie prestasies nie, maar dra ook by tot die groei en versterking van die sport op elke vlak.
Julle deursettingsvermoë en onwrikbare passie is die dryfkrag agter hierdie sukses en die voortdurende vooruitgang van cheerleading in Suid-Afrika.
“Langenhoven Gimnasium is ongelooflik trots op Lené, Zoë en die hele Cheerspan. Julle wys dat harde werk en spangees die sleutel tot glorie is. Julle dra die naam van die Gimmies met eer!”






