Baie geluk aan Heinrich Kemp, krieketster van Hoërskool Fichardtpark kriekethelde, het gister tydens die finale wedstryd van hul toer teen Watford Krieketklub ’n briljante 38 lopies nun van slegs 24 balle aangeteken. Met ’n lopiegemiddeld van 33 en ’n indrukwekkende kolftempo van 180 spog Heinrich met statistieke wat sy talent en toewyding bevestig.
Hoërskool Fichardtpark kriekethelde het ook verskeie wedstryde in ’n toernooi by Chipping Sodbury, Bristol gespeel – ’n waardevolle ervaring wat hul spel op internasionale vlak verryk het. Hierdie toer bied nie net sportprestasie nie, maar ook ’n geleentheid om trots die Fichie‑gees in Engeland te verteenwoordig.

“Hoërskool Fichardtpark is trots op elke speler en afrigter wat hierdie toer moontlik gemaak het. Julle dra ons naam met waardigheid en passie!”







You must be logged in to post a comment.