Junior Nasionale Visvang-kampioenskappe. Hoërskool Nico Malan, Jeffreysbaai, is trots om aan te kondig dat twee van hul leerders gekies is om die Oos-Kaap in visvang te verteenwoordig. Deon van Jaarsveld en Jayden Pieterse gaan die Junior Nasionale Visvang-kampioenskappe in Port Alfred verteenwoordig.
Die kampioenskap word aangebied deur die Port Alfred River & Ski Boat Club vanaf 7 – 12 Julie 2026.
Deon van Jaarsveld is gekies vir die geselekteerde o.16 Oos-Kaapspan en Jayden Pieterse vir die geleselteerde o.19 Oos-Kaapspan.
“Hoërskool Nico Malan wens vir Deon en Jayden stywe lyne, veilige reise en groot sukses toe. Gaan hou nie net die Oos-Kaap nie, maar ook Nico Malan se naam hoog. Julle maak ons trots!”






