Witteberg‑rugbyhelde blink uit en het hul kleure met trots gedra! Baie geluk aan Omolemo Kalane, Pieter Wessels, Riaan van der Merwe, Rushen Kannemeyer en Tiaan Jordaan. Hierdie vyf rugbyhelde het die Noord‑Vrystaat O/16‑span verteenwoordig het by die gesogte Grant Khomo‑week. Die week is aangebied by Kearsney College van 29 Junie tot 3 Julie.
Die week was propvol aksie: taai wedstryde, hoë intensiteit en rugby van topgehalte het gesorg vir ’n ongelooflike ervaring en ’n waardevolle geleentheid om teen van Suid‑Afrika se beste O/16‑spelers kragte te meet.



Witteberg is trots op julle, manne!







You must be logged in to post a comment.