Hoërskool Durbanville netbalsterre en hul afrigter, Grant (Willows o.18), vertrek môreoggend, 5 Julie, na Boksburg om die Wes‑Kaap te verteenwoordig by die SASN Telkom National Champs (TNC). Hierdie toernooi, aangebied by Hoërskool EG Jansen van 6 tot 10 Julie, is die laaste kans vir hierdie vyf matriekmeisies om hul skolenetbal‑talent op nasionale vlak te wys.
Hoërskool Durbanville Netbalsterre:
- Anja Mostert – O.18 Oaks
- Lizmari de Jager – O.18 Cedars
- Kayla Stegmann – O.18 Cedars
- Karla Vorster – O.18 Oaks
- Anika Loubser – O.18 Oaks

Hierdie prestasie is die kroon op jare se harde werk, passie en deursettingsvermoë. Durbies is baie trots op elkeen van julle! Geniet elke oomblik, speel julle harte uit en laat die Durbie‑vlag hoog wapper.







You must be logged in to post a comment.