Op 20 Augustus het Hoërskool Witteberg debatteerders se junior- én seniorspan hul debatmeesterskap bevestig. Die spanne het al drie debatte gewen en dring deur na die finale rondte van die Vrystaat Dink of Sink-debatkompetisie.

In die finaal het die juniors C&N Oranje Meisieskool geklop, terwyl die seniors Jim Fouché gewen het. Met hierdie oorwinnings is albei spanne as nommer 1 in die Vrystaat gekroon en sal hulle die provinsie op 19 September 2026 by die Dink of Sink Landsfinaal verteenwoordig.

Verder is vier Witteberg-leerders as beste taalgebruikers aangewys:

  • Juniors: Heilene Meintjes en Lize Joubert
  • Seniors: Limay Kriel en Gerhard Nel

Baie geluk aan al die Witteberg Debatteerders met hierdie uitmuntende prestasie, en ’n spesiale woord van dank aan hul afrigter, Juffrou France Elize van Niekerk, vir haar toegewyde leiding en uitstekende uitslae.

https://witteberghs.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article