Hoërskool Fichardtpark is trots om aan te kondig dat neen van hul leerders, Chrisilee Rossouw, gekies is vir die Vrystaat Core League Schools Equestrian Team 2026.
Chrisilee gaan van 24 tot 28 September 2026 aan die Nasionale Kampioenskappe by Kyalami Equestrian Park in Johannesburg deelneem.
Met haar deelname aan die Nasionale Kampioenskappe verwerf sy volle Vrystaat Skolekleure – ’n merkwaardige prestasie wat haar toewyding en talent bekroon. Die hele Fichardtpark-familie vier saam en wens haar alle sterkte toe.
Ry met trots, Chrisilee – jy maak Fichies baie trots!
Foto verskaf






