Wêreldkampioenskap in Oregon. Rumé Burger van Hoër Meisieskool Oranje het haar naam in die internasionale atletiekgeskiedenis gevestig. Sy het ’n uitmuntende vertoning gelewer die O.20-Wêreldkampioenskap in Oregon, VSA.

Die jong sprinter het die wêreld se aandag getrek as die agtste vinnigste O.20-atleet in die 200 m met ‘n tyd van 23,39. In die 100 m behaal sy die 11de plek. Hierdie prestasie plaas haar onder die top 10 jong sprinters wêreldwyd. Sy word as een van Suid-Afrika se mees belowende atlete beskou.

Rumé, het in die groen en goud van Suid-Afrika gehardloop. Sy het nie net haar skool en stad met trots verteenwoordig nie. Sy stuur ook ’n sterk boodskap van hoop en talent uit vir die land se atletiekgemeenskap. Haar deelname aan die wêreldkampioenskap is ’n bewys van jare se toegewyde oefening, dissipline en ’n onwrikbare passie vir die sport.

Die Oranje-gemeenskap het haar prestasie met groot trots ontvang. Haar afrigters en die hele skoolgemeenskap het haar lof besing.

Met hierdie internasionale erkenning het Rumé ’n stewige fondament gelê vir ’n blink toekoms in atletiek. Kenners meen dat sy, indien sy haar huidige vorm en toewyding volhou, binnekort ’n vaste naam op die wêreldverhoog kan wees.

https://oranjemeisies.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article