Suid-Afrika Internasionaal - Oranje se Rumé Burger op pad na Wêreldkampioenskap.
Rumé Burger op pad na Wêreldkampioenskappe. (Foto verskaf)

Suid-Afrika Internasionaal – Oranje se Rumé Burger op pad na Wêreldkampioenskap


Suid-Afrika Internasionaal. Hoër Meisieskool Oranje is ongelooflik trots op Rumé Burger. Hierdie spoedster is besig om haar naam in die geskiedenisboeke vas te pen.

Binne net twaalf maande is sy vir die derde keer gekies om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig. Dit is ’n prestasie wat min kan ewenaar.

In Augustus pak sy haar “spikes” en reis na Amerika. Daar gaan sy deel wees van die SA o.20-span by die Wêreldkampioenskap. Rumé gaan haar krag meet in die 100 m, 200 m én die 4×100 m-aflos – drie items wat haar veelsydigheid en talent perfek uitlig.

Hierdie is nie haar eerste groot avontuur nie. Vroeër vanjaar was sy reeds deel van die SA-seniorspan wat aan die Wêreld-aflosbyeenkoms deelgeneem het. En in Augustus verlede jaar het sy haar land se kleure gedra by die COSASSA Spele as lid van die o.18-span.

Wat haar deelname nóg meer besonders maak, is dat Rumé waarskynlik die eerste Oranjeniet is wat by hierdie wêreldbyeenkoms, wat sedert 1986 aangebied word, gaan deelneem. ’n Mylpaal wat nie net vir haar nie, maar vir die hele skoolgemeenskap ’n trotse oomblik is.

https://oranjemeisies.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article